Skinny Van Schalwyck

Vandag se onderhoud is gevoer met ‘n mal hoender uit Suid-Afrika, wat ek oortuig is ‘n soort van superheld in vermomming is.  Skinny van Schalkwyk is ‘n entrepreneur wat toertjies doen, sport en veld motorfietse jaag en verken lang-vergete plekke.  Dit alles in haar welbekende pienk skakering.  Sy skryf ‘n nuusbrief van haar wedervaringe, met 20.000 + intekenare.  Ek is natuurlik een van hulle en ek is altyd geintereseerd in waarmee sy haarself besig hou.  Die chicken weet hoe om ‘n goeie storie te vertel!  Ek hoop jy geniet hierdie onderhoud. 

Rashmi Tambe
Redakteur, Global Women Who Ride

[Read in English]

Naam: Skinny van Schalkwyk
Ouderdom: 37
Land: Suid-Afrika
Tale: Afrikaans, Engels
Jare ry ervaring: 10
Lengte: 1,8 m
Binne Been Mate: 88 cm
Huidige Motorfietse: Yamaha R6 (Billy-Bob) en Suzuki DR650 (Brom)
Vorige Motorfietse: KTM950 Adventure (Tonto); Yamaha R6 (Dragonfly); Triumph Scrambler 900 (Griet) en Bigboy XTG200 (Vonk)
Km per jaar: 14, 200km
Skinny_featured

Stel Jouself Voor:
Ek het geologie studeer & my honneursgraad daarin verwerf.  Ek het gewerk vir een van Suid-Afrika se grootste olie-maatskappye vir ‘n jaar voordat ek oor geskakel het na die IT-afdeling.  Ek het ‘n SAP konsultant geword wat ek voltyds gedoen het vir vier jaar voordat ek my eie motorfiets winkel oop gemaak het.  Die winkel het gespesialiseer in motorfiets klere vir dames.  Gedurende die vier jaar wat ek die winkel gehad het, het ek ook nagskof gewerk as ‘n SAP konsultant.  Na vier jaar het ek besluit dat die winkel dit nie gaan maak nie en ek het die deure gesluit.  Ek het toe ‘n drukkery begin wat baie goed gedoen het, maar ek moes aan skuif na twee jaar.  Ek besit tans ‘n troeteldier verassings besigheid saam met my broer en ons woon op ‘n plaas in die Magaliesberge.

Beskryf Jou Pad Na Die Motorfiets Wêreld:
Toe ek so 7 of 8 jaar oud was, het ‘n vriend van my ouers met sy motorfiets kom kuier.  Hulle het gedink dat ek die fiets vreeslik sal geniet & my sit gemaak op die agterste sitplek.  Hierdie oom was bietjie windgat & laat waai toe af  met die straat.  Ek kon nie my arms om sy lyf kry nie, want my arms was seker te kort – en sy middellyf waarskynlik te groot.  Ek was bang…  Ek was BAIE bang.  Ek was nie beïndruk nie!

20 Jaar later, trek ek terug na die groot stad – Johannesburg (2003).  Ek het nie baie mense geken nie & terwyl ek verveeld by die huis gesit het, besluit ek om ‘n stokperdjie te begin.  Maar wat?  En toe tref dit my… MOTORFIETS RY!  Ek het niks geweet van motorfietse nie, maar het besluit dat die blou ene in die winkel venster baie mooi was.  Ek het dit gekoop en hulle moes my nog wys hoe om dit aan te skakel.  En daar ry ek toe weg met ‘n splinternuwe Yamaha R6.  As ek enige kennis oor motorfietse gehad het sou ek nooit ‘n 600 cc gekoop het as ‘n eerste fiets nie.  Almal het gesê ek moet baie versigtig wees want dit was ‘n baie kragtige masjien, maar op die hoofweg het ek twee keer gaan staan met die fiets?!?  Ek kon dit nie verstaan nie… waar was al hierdie krag waarvan almal gepraat het?  Toe besef ek… ek het my voet op die agterste rem die hele tyd gehad. *bloos*

Skinny_14
Eerste fiets, ‘n R6 (Billy-Bob)

Beskryf jou huidige motorfietse:
Ek het nog vir Billy-Bob (Yamaha R6), maar ek het hom verander in ‘n waaghals fiets.  Ek oefen my toertjies wanneer ek kan en ek droom nog steeds om die volgende Dena Sodano te word.

Skinny_30

Ek het ook ‘n Suzuki DR650 avontuur fiets (Brom) waarop ek daagliks ry.  Ek het hom gekies vir grond pad ry, aangesien ek op ‘n plaas in die Magaliesberge woon.  Die pad tot hier bo is baie sleg en ‘n normale padfiets sou dit nooit op en af met die berg gemaak het nie.  Ek doen ook baie naweek ritte en in Suid-Afrika moet jy in staat wees om stof te ry om tot by die mooi plattelandse dorpies te kom.

Skinny_offroad

Die foto van jou op die pienk KTM in ‘n pienk tutu is ‘n internet-legende.  Wat is die storie agter dit?
TONTO, my pienk KTM950!  Toe ek destyds die fiets gekoop het, het ek glad nie grond pad gery nie!  Maar ek was mal oor die fiets & ek het geweet ek sou op hom pas aangesien ek redelik lank is.  Nie baie chickens pas op die KTMs nie.

Ek het my broer gevat na ‘n track-day (…hy weet niks van bikes nie) en ek het gedink hy sou die dag vreeslik geniet.  Hy is 6 voet 7 en ek het geweet hy sou maklik met Tonto oor die weg kom.  Maar toe ons by die baan kom, vergeet ek heeltemal dat hy nie eens weet hoe om ‘n fiets te start nie.  Ek was nog op die baan toe ek agterkom dat ek nog nie vir Tonto gesien het nie & ek is terug na die kuipe om te gaan sien wat aan die gang is.  ‘n Klein seuntjie het na my gehardloop en geskreeu dat hulle gedink het my broer gaan sterf?!?

Toe Louré (my broer) uiteindelik alles uitgepluis het van die koppelaar & smoor, toe kry hy teikenfiksasie op die put muur en ry in die reëling vas.  As jy ooit Phakisa-renbaan besoek, kyk af met die put muur… die duik is gemaak deur Tonto & my broer.

Dit was die ideale tyd om hom ‘n pienk baadjie te gee terwyl ons hom reg maak… dis nou Tonto – nie my broer nie.  Hehehe!

Ek het een aand gedroom ek dra ‘n tutu op my bike en besluit toe om een te laat maak vir die jaarlikse Toy Run.  Dit is waar ‘n klomp motorfiets ryers bymekaar kom om speelgoed in te samel vir minderbevoorregte kinders.  Iemand het die foto geneem oppad na die stadion en dit het soos ‘n veldbrand op die internet versprei.  Iemand het my uit die VSA gebel om uit te vind of dit regtig ek op die pienk KTM is.  Hy wou toe weet of hy vir my kan kom kuier… al die pad van Amerika af?!?  Mike Tippett was van die BMW forum daar en hulle het ‘n weddenskap gehad dat dit nie ‘n meisie op die KTM was nie.  Hy het kom kuier en het ‘n paar fotos saam met my geneem.  Ons het hom uit gevat vir aandete (…hy agterop Tonto) en so het hy toe die weddenskap gewen.  Bwahaha!

Maar die KTM ondersteuning hier in SA was nie so goed nie en Tonto was meer in die garage wagtent op onderdele as eintlik op die pad.  Ek het hom toe verruil vir Griet (Triumph Scrambler 900).  Ek het Griet oorgetrek met viniel.  Triumph verf hulle motorfietse met die hand & die persoon wat jou fiets geverf het se handtekening is onder die tenk.  Ek kon dit nie oor my hart kry om bo-oor dit te verf nie.

Skinny
Op haar KTM950 (Tonto) op pad na die 2006 Toy Run

Het jy ‘n motorfiets prestasie wat jy is trots op?
Waar begin ek?  Ek het al ‘n kus tot kus reis regoor die VSA gedoen, van Myrtle Beach na LA op ‘n Harley – in November 2013!
Ek het al in een dag van Johannesburg na Oos-Londen (SA) gery wat 1 200 km ver is.  Net vir ‘n bier saam met vriende & toe weer die volgende dag al die pad terug.
Ek het in die 600 cc plaaslike dames klas meegeding in 2010 en eerste geeindig vir die ontwikkeling dames.
Ek het op my eie in die Suid-Afrikaanse bosveld in gevaar, opsoek na ‘n spookdorp Geluk.
Ek het deelgeneem in die 24 uur uithourit (2013) met ‘n span van 5 ander chickens en ons was eerste van die dames spanne.
Ek het twee motorfiets kalenders gemaak (2008 en 2009) – met slegs WARE biker chickens op hulle fietse en geen Photoshop!
Ek het na Ciprus gereis waar ek Oom Bob & Tannie Viv ontmoet het & saam met hulle in die berge gaan rond ry het.
Ek het al klein skaalse liefdadigheids werk gedoen in Mautse, ‘n klein dorp in die landelike gebiede.
Ek het al neergestort, seer gekry & weer opgeklim.

Skinny_04
Renbaan by Redstar Raceway vir die 24 uur uithourit

Het jy al enige lang afstand reise gedoen?
Ek het al ‘n hele paar gedoen. Een van die langstes was die ene in 2013 van die ooskus na die weskus oor VSA.  In SA doen ons dikwels lang afstande omrede jy nogals ver moet ry om by die mooi plattelandse gebiede uit te kom.

Een van my gunsteling reise was saam met my beste vriendin, Jen Kotzenberg in 2006.  Sy het haar eerste fiets, ‘n 400cc Suzuki Intruder vir twee weke gehad toe ons besluit om op ‘n toer te gaan – na Namibië!  Sy was nog net drie keer vir ‘n spin & het geen ondervinding gehad om op terug te val nie.  Sy het die hele 5000km toer op haar eie gedoen, sonder enige probleme.  Haar top spoed was slegs sowat 100 kilometer per uur, maar ons was in geen haas nie.

Het jy enige motorfiets helde?
Toe ek klein was het ek gedroom ek is Superman… hoe dom?!?  Nou dat ek groot geword het – droom ek ek’s Dena Sodano!  Miskien is dit nie meer realistiese nie, maar ten minste is haar super magte eg.  Daar is so baie mense in SA alleen wat my inspireer. Cindy Porobich is een van SA se beste all-round dames.  Jy kan haar op enige oppervlak sit, en sy sal die res van die groep stof laat eet.

Johan Gray van ADA het geweier om nee vir ‘n antwoord te vat toe ek nie wou off-road ry nie.  Na ‘n naweek van opleiding met hom, en ten minste 7 verskillende skakerings van bloukolle – ry ek nou grondpad.

Dan is daar ‘n maatjie wat in 2010 saam met my track racing gedoen het.  Jenice Lehmann aka Storm was altyd meer na die agterkant van die klas, maar met vasberadenheid en ‘n nooit-op-gee houding is sy nou een van die vinnigste dames in SA. Of moet ek sê vinnigste ‘ruiters’ aangesien die dames in SA nie so ver agter die manne is nie.

Ons twee het ook laas jaar ‘n video opgeneem waar ek haar jaag op ‘n 200cc veld fiets aan die binnekant van die baan, & sy is op ‘n 600cc Honda Superbike op die baan.  Die video is op YouTube en ons het soveel pret gehad daardie dag – ek het plooie van al die lag.  Ons beplan nog ‘n ander video, maar dit is moeilik om die mense te oortuig niemand sal seerkry nie.  Hehehe!

Skinny_track

Kan jy ons ‘n goeie ry-storie vertel?
Ek het so baie.  Ek skryf ‘n nuusbrief elke maand.  Maar ek dink een van my gunstelinge is toe ek “Geluk” gaan vind het.  Iemand het sarkasties vir my gesê, hy hoop ek vind geluk een dag.  Toe hy die kamer verlaat staar ek na die muur wat agter hom was.  Op die muur was ‘n kaart en net daar waar sy kop was, was ‘n klein kolletjie met die naam “Geluk”.

Twee maande later het ek op loop gesit om hierdie klein dorpie te vind.  Ek het ‘n paar sanderige, eensame paadjies gevat, wat ek kon sien nie baie mense ooit gebruik nie.  As ek sou val of vassit kon ek daar wees vir ‘n paar dae voor iemand my sou vind.

Ek het die hele dag probeer om die dorpie te vind, toe ek in dik sand val.  Ek was van plan om sommer net daar langs die fiets te slaap aangesien ek nie die motorfiets kon optel nie.  Skielik was daar ‘n boer van die omgewing & hy help my toe om die motorfiets op te tel.  Volgens hom was ek amper by “Geluk”.  Dit was net ‘n spookdorp met ‘n paar ruïnes wat oor gebly het.  Dit was op die volgende plaas en daar het hulle vir my die hek oopgesluit sodat ek my soektog kon voortsit. Net voor donker het ek GELUK gevind! Ek het sommer agter ‘n vulstasie geslaap daardie nag – baie tevrede en vol geluk!

Skinny_07

Op soek na Geluk  iewers in die middel van nêrens

Daar is ‘n epiese foto op jou blog van ‘n video.  Die span se naam is sheDARE & julle word gevolg deur ‘n klomp polisiemanne op motorfietse en ‘n helikopter. Waaroor was dit?
sheDARE was ‘n poging van drie meisies om Suid-Afrika se eerste alles-meisies stunt groep te word, maar dit het nie gewerk nie. Die meisies was nie almal op dieselfde bladsy nie, en ek en Storm het die groep toe verlaat.  Storm is een van Suid-Afrika se beste motorfiets jaers.  Sy fokus tans al haar tyd & geld daarop & hopelik mag sy dalk volgende jaar selfs oorsee deelneem. Ek probeer huidiglik oor naweke my waaghals toertjies oefen wanneer ek kan.

Skinny_28

https://www.youtube.com/watch?v=Neyg86mL6Mg

Herstel & diens jy jou eie motorfiets?
Ek kan ‘n paar van die kleiner dinge doen, maar ek het nie self baie gereedskap nie.  Selfs al kan ek ‘n band omruil, het ek nie hefbome nie. Daarom… het ek ‘n selfoon!

Skinny_05

Plak van pleisters op ‘n gekraakte klep – innoverende!

Het jy enige raad vir mense wat ‘n motorfiets wil koop?
Gaan vir opleiding en luister na die ou motorfietsryers – hulle het oorleef vir ‘n rede!

Ry in SUID-AFRIKA

As ek jou sou besoek & ons vir die oggend gaan ry, waar sou jy my vat?
Wel, in die eerste plek sal ek hoop jy doen ‘n paar stof paaie anders sal ons nie baie ver kom in die Noord-Wes provinsie nie.  Ek sal jou langs die kanaal roetes in die boerdery gemeenskappe rondom Brits vat. Ons sal langs ‘n paar privaat wildplase ry en ons kan selfs ‘n paar bokke of kameelperde sien.

Skinny_01
Een van die water kruisings op die kanaal roetes agter Brits

Ek sal jou dan vat na Jericho’s rock, wat die SA weergawe van Ayers Rock in Australië is.  As jy reg voel daarvoor sal ek jou tot by die top vat waar daar ‘n pragtige uitsig is oor die bosveld.

Skinny_03
Jericho’s rock, op klim na die top

Van daar sal ons dan na Beestekraal stasie gaan vir middagete. Vir ‘n laaste spin, ek sal jou op sleep met Breedt’s nek oor die Magaliesberge en stop by die shebien aan die onderkant vir ‘n welverdiende Zamalek (bier).

Skinny_18

Wat is die beste deel van ry in Suid-Afrika?
SA is die land van 12 maande somer.  Selfs in ons koudste maande, kry jy warm as jy in die middle van die dag ry. Ons het berge, ons het semi-woestyne, en ons het bosvelde en woude.  Ons het ‘n hele paar dorpe waar jy net met grondpaaie kan uitkom.  Ons het Rossi se gunsteling renbaan – Phakisa!

Ons het melktert nagereg wat in elke dorp verkoop word, gemaak deur ‘n ou tannie wat niks anners met haar tyd het om te doen nie. Ons het verkeersbeamptes baie lief is vir Coca-Cola (omkoopgeld)! Maak net seker jy het altyd ‘n kannetjie daarvan by jou.

As ‘n motorfietsryer jou land besoek, wat is die top ritte wat jy sou aanbeveel?
Daar is so baie wonderlike klein dorpe en landelike plekke om te besoek in SA, maar twee van die top motorfiets ry bestemmings is die Baviaanskloof in die Oos-Kaap en die ’22 van Mpumalanga.

Baviaanskloof moet ek self nog aandurf.  Dis ‘n tegniese avontuur. Die omgewing is pragtig en die rit uitdagende van tyd tot tyd.

Die ’22 is ‘n teerpad tussen twee kleiner dorpe, Sabie en Hazyview in die Laeveld. Dit is ‘n 22 km stuk teer pad vol kinkels en draaie.  Die Superbike ouens is mal daaroor om op en af te jaag & hulle knieë te skraap.

Wat is die beste maande om daar te ry?
Die enigste maand wat sleg is vir ry is wanneer jy uit geld uit hardloop voor jy uit maand uit hardloop.

Ons het verskillende reën seisoene deur die land.  Sommige plekke sneeu dit dalk in die winter, terwyl dit op ander plekke amper heel jaar lank somer is.  As jy die regte bestemming kies, sal jy ‘n wonderlike toer hê maak nie saak watter tyd van die jaar nie.

Hoe beïnvloed die topografie van waar jy woon die tiepe van motorfiets wat jy ry?
Ek woon op ‘n plaas bo-op ‘n berg waar daar nie enige teer paaie is nie.  Jy kan slegs by die plaas  uitkom as jy met ‘n avontuur fiets ry.  Selfs al het ek altyd gesweer ek nooit grond paaie sou ry nie, het ek nie ‘n keuse gehad toe ek eers plaas toe trek nie.

Is dit veilig om in die nag daar by julle te ry?
Nie regtig nie, maar dit stop my nie…  Veral waar ons woon naby Marikana het ons baie protes optogte teen die myne. Die mense is baie gewelddadige en dit is beslis nie ‘n goeie idee om te  naby hulle te gaan nie.

Ons het ook baie misdaad op die plase, veral in die nag.  Ons sluit die motorfietse elke aand toe, anders word hulle gesteel vir enjins vir die waterpompe.

Is daar ‘n plaaslike motorfiets geleentheid wat jy gereeld bywoon?
Toe ek nog in die stad gebly het was ons drie motorfietsryers wat vir dieselfde maatskappy gewerk het.  Ons het ‘n tradisie begin om ‘n koppie koffie op ‘n Vrydag voor werk te gaan drink.  Vrydae is ons toegelaat om meer gemaklik aan te trek & ons het dan met ons motorfietse werk te gegaan.  Ons het dit elke Vrydag gedoen – selfs op die koudste dag van die jaar.  Een oggend het ‘n ou tannie wat ook altyd by die koffiewinkel was, vir ons kom vra of ons ‘kopdood’ is.  Sy het gedink ons is mal om in sulke koue weer rond te ry op motorfietse.  Kopdood beteken ‘brein dood’ in Afrikaans.  So het ons toe begin met Kopdood Koffie.  Die laaste keer toe ek daar was, was daar meer as 50 motorfietsryers!  Ek woon te ver van die stad nou, maar as ek ooit terug sou verhuis sal ek dit nie misloop nie.

Daar is ‘n klein, by-uitnodiging alleen funksie wat gereel word deur een van die welbekende motorfiets ryers in SA – Charley Cooper.  Hy het dit so 10 jaar terug begin. Dit word  die Poes rally genome *bloos*. Daar is nooit meer as 50 mense wat die rally bygewoon nie, en dit word gewoonlik so naby aan die middel van die land gehou sodat almal ewe ver moet ry.  Dit is meer soos ‘n samekoms van ou vriende wat mekaar nie gereeld te siene kry nie.  Die rut soontoe is epies, dis gewoonlik so 1200km van my huis af. Ek draf die afstand gewoonlik kaf op die Vrydag, kuier dan saam met die ouens op Saterdag, & dan weer terug in een dag huis toe.  Dis alles natuurlik die moeite werd!

Dan is daar die jaarlikse Toy Run, die grootste fietsry gebeurtenis in SA. Bikers neem uit die goedheid van hul siele, kom bymekaar op die laaste Sondag van November, neem die paaie van al die groot stede oor en kom saam by stadions waar hulle speelgoed vir minderbevoorregte kinders in samel.  Dit is ‘n blymoedige dag om sulke fris, leer geklede, ruff-en-tuff motorfietsryers te sien, gedrapeer in teddiebere.  Hulle samel tonne speelgoed in net so voor Kersfees.

Is daar enige spesifieke motorfiets wette?
In SA is dit nie opsioneel om ‘n valhelm te dra nie.  Dit moet DOT of SNELL goedgekeur wees en dit moet jou ore toe maak. Jy mag nie enigiets kleiner as ‘n 50 cc op die snelweë ry nie.  Lane-splitting is tegnies aanvaarbaar. Jy mag ‘n laan deel met ‘n ander voertuig as daar genoeg plek is.  Alhoewel jy elke keer wat jy die middel lyn oorsteek ‘n flikkerlig moet gebruik is dit baie moeilik om dit te reguleer.  Soos ek al genoem het… ons verkeersbeamptes is baie toegeeflik, veral as jy ‘n blikkie Coca-Cola in die hand het.

Skinny_09
Vriendelik met die verkeerspolisie nadat sy klein bietjie te vining gery het

Word daar teen motorfietsryers gediskrimineer op enige manier?
Ons moet dieselfde by tolhekke betaal as ander voertuie, selfs ‘n bakkie (SUV) met ‘n dubbel as sleepwa!?!

Ek sou nie sê daar is enige ander diskriminasie teen ons nie.  Daar is egter baie onkunde oor motorfietse.  Ons hoor dikwels die gewone “maar ek het jou nie gesien nie” frase by motorfiets ongelukke.  Daarom het ons die Think Bike-veldtog in 2005 begin, met die fokus op opvoeding van motor bestuurders oor motorfietse en ook die opvoeding van motorfietsryers oor veiligheid. Ek was die sekretaris van hierdie veldtog vir 3 jaar en selfs al is ek nie meer aktief betrokke nie, sal ek dit altyd ondersteun!

Hoe behandel die verkeerspolisie motorfietsryers?
Hulle teiken wel soms die bikes, veral op Sondae wanneer die meeste van ons op ‘n breakfast-run uit is. Op van die gewildste roetes, sal hulle selfs padblokkades spesifiek vir motorfietse sit.  Hulle het warm-gemaakte motors op die snelweë wat die motorfiets ryers kan jaag & vang. Hierdie motors is toegerus met kameras voor en agter om alles op band te neem. Ons hoor ook dikwels van motorfietse wat geskut word as hulle nie nommerplate op het nie / verkeerde grote nommerplate op het.

Kan jy die motorfiets lisensie toets beskryf?
Die leerders toets is dieselfde as die motor leerders toets met 6 vrae bygevoeg wat meer fiets spesifiek is. Vir die lisensie is daar ‘n praktiese werftoets wat bestaan uit ‘n opdraende weg trek; ‘n onmiddelike stop & tussen ‘cones’ deur ry; ens.  Die toets is oor in ongeveer 10 minute.  Dit verg nie veel om dit te slaag nie…

Is motorfiets verwante sport gewild daar by julle en neem vroue aktief deel?

Drink en “ja” onderskeidelik…

Ons is ‘n land wat deelneem aan enige moontlike motorsport & vroue neem ook aan elke item deel.

  1. Baanfiets: Ons het tans Janine Davies in die tweede plek in die Super M-klas. Dit is die tweede vinnigste klas in SA ná Super GP.
  2. MX wedrenne: Cindy Porobich, Mignon van Deventer en Brittany Cuthbert is gereelde deelnemers aan MX.
  3. Enduro resies / GOC resies: Ons het Taye Perry en Toni Jardine wat die meeste van die manne ‘n ding of twee wys… meestal TWEE!
  4. Quad resies: Liezel Barnard is die huidige dames quad kampioen.
  5. Rally resies (Dakar-styl): Weereens het ons Toni Jardine en Taye Perry wat in die manne se nekke blaas.
  6. 24 uur Uithourenne: Die Africa-Bank Racing susters was 24ste uit 42 spanne in 2013.
  7. Bike Economy Run (om mee te ding op die brandstofverbruik van onveranderde motorfietse onder standaard openbare pad toestande en verkeersreëls): In 2009 was Kristene Smits die eerste dame in 27 jaar wat die algehele Bike Econo Run gewen het.
  8. Drag racing
  9. HBC 1000km Endurance Run: Jeanty Olivier was algeheel 5de in 2013.

Hoe is die verkeer en hoe raak dit motorfiets ry?
Daar is swaar verkeer gedurende spitstye in die stede.  Ons het nie ‘n behoorlike openbare vervoer sisteem nie, en dus maak die meeste mense gebruik van hul eie motors om by die werk te kom – een persoon per voertuig!  ‘Lane splitting’ word toegelaat.  Dit maak die lewe ‘n bietjie makliker om te pendel met ‘n motorfiets.  Maar dit veroorsaak ongelukkig baie padwoede, veral gedurende verkeersknope wanneer mense geïrriteerd in hul motors sit vir ure. Geduld gaan ‘n lang pad!

Is motorfiets diefstal ‘n probleem?
Motorfiets diefstal in SA is ‘n groot probleem. As jou fiets nie vas gespyker is nie – sal hulle dit vat.  As dit vas gespyker is – sal hulle eerste die spykers vat…

Hoe word vroue motorfietsryers behandel deur die ander mense en deur manlike motorfietsryers?
Om ‘n vrou op ‘n motorfiets in SA te sien is nie iets vreemd nie.  Oor die afgelope tien jaar het die motorfiets stokperdjie baie uitgebrei onder vrouens. Deesdae as jy twee motorfiets ryers sien aankom is dit gewoonlik ‘n getroude paartjie, elk op sy eie fiets. Dit mag dalk wees omdat mans soos jaagduiwels ry en die vroue dus verkies om op hulle eie stoom oor die weg te kom.

Het jy toegang tot hoë gehalte motorfiets klere & toerusting in jou deel van die wêreld?
Ons het al die groot name tot beskikking, maar daar is ‘n paar handelsmerke wat spesialiseer in vroue klere wat ons nie hier kry nie. Ons voer dit wel self in & dit is dan ook goedkoper.  Ons het eintlik ‘n groter probleem om motorfiets parte in Suid-Afrika te kry.  Dit is nie vreemd as jou Suzuki ​​vir ‘n paar maande in ‘n garage staan & wag vir ‘n eenvoudige part soos ‘n reguleerder nie.

Het vroulike en manlike motorfietsryers dieselfde mate van vryheid om motorfiets aktiwiteite na te streef?
Suid-Afrika is die land van geleenthede – as jy dit kan droom, kan jy dit doen!

SKINNY BEVEEL AAN

[Box]
Boek: Land of the Long Wild Road, Beyond Boekarest deur Bob Goddard
Film: Why We Ride
Tydskrift: BikeSA tydskrif vir my vriend Charley Cooper se “Charley’s Chat” artikel
Blog:http://www.tankgirls.co.za
Web Forum: http://www.thinkbike.co.za, http://www.facebook.com/skinnybikerchicken
Professionele Motorfietsryer: Simon Fourie – hy is in sy 70’s en neem nog aan wedrenne deel!
Vroulike Motorfietsryer: Dena Sodano
[/ Box]

Kan nie genoeg van Skinny kry nie? Volg haar wedervaringe op haar blog en maak seker om in te skryf vir haar nuusbrief vir gereelde terugvoering oor haar nuutste avonture!

As jy wil ‘n deel van die Global Women Who Ride reeks wees, stuur ‘n e-pos aan submissions@globalwomenwhoride.com.